Westelike Posduif Unie
CREDO
Dit is vir my ‘n eer en ‘n voorreg om ‘n lid van hierdie Unie te wees.
Ek erken en respekteer die kultuur en tradisies wat oor die jare in
die Unie opgebou is, en wat berus op aanvaarde en beskaafde norme.
Dit is my eerlike en opregte voorneme om deur my gedrag, optrede
en woord hierdie credo te eerbiedig en ek onderneem om:
– Die konstitusie reëls en instruksies van die Unie en die Nasionale liggaam na te kom en te onderhou.
– Die Bestuur van die Unie te respekteer en erkenning te toon vir hulle werk en ondernemingsgees om die duiwesport op alle vlakke te orden en te administreer ten einde ‘n professionele organisasie daar te stel.
– My op hoogte van die inhoud van die konstitusie en reëls te stel.
– My pligte in ‘n amp of as lid nougeset na te kom en na die beste van my vermoë uit te voer.
– My te weerhou van kritiek sonder om my reg daarop, waar geregverdig, prys te gee.
– Wen of verloor, altyd ‘n positiewe gesindheid en sportmangees aan die dag te lê en die Duif as die kern van die sport te eer.
– Onder alle omstandighede so op te tree dat ‘n goeie gees en gesindheid in die duiwesport onderhou sal word.

